Angs

My hart klop vinnig
my mondhoeke droog
ek voel benoud
skielik moeg
al is dit warm
skielik koud
ek is bang
en my gedagtes
maak my lam
wat kan dit wees
hoekom voel ek so
dis oor ek vrees
vrees dat dit kan
vrees dat dit nie
dat ons dalk nooit
dat ons net nie
ons liefde
net die kleinste vonk
net 'n rukkie
kan aanblaas
want wie weet
as dit bedoel was
word dit dalk
baie meer as net as

eb 5 Augustus 2004