Doedoef

Doedoef, doedoef
is wat my hart sê
as jy jou hand
in myne lê
Doedoef, doedoef
is wat my oor hoor
as ek hom
in jou bors smoor
Doedoef, doedoef
klink die hoewe
van perde
op die strand
Doedoef, doedoef
is wat my hart sê
as jy jou hand
in myne lê

eb 5 Augustus 2004