Knysna - Winter 2004
Ek sit hier en skryf
in 'n heeltemaal, toetentale
vreemde huis
Tog, snaaks genoeg
voel ek op 'n vreemde manier
heeltemal altelekker tuis.
Is dit so verkeerd .....
hierdie gevoel van "dis my mense die" ?
Ek ken hul skaars
en voel nogal verdwaas
dat ek sulke aanvarding beleef -
iets waarna menig mense streef.
Ek sal alles wil doen
om dié mense se vertroue in my
te regverdig, nooit in die wiele te ry
want hier voel ek tuis, hier wil ek bly.