Meisie
Meisie met die stem
om my hart te tem
met die donker
gladde hare
streel my oor
met sagte koor
van dae wat kom
en branders wat brom
Vertel my van jou hart
jou drome en smart
jou glimlag skyn deur
jou stem se geur
en sit 'n vonkel
in elke woord.
eb. 29-07-2004 (oos london)