Oomblik
Hoe soet blink die heuning op jou lippe,
hoe saggies skyn jou oë
hoe mooi voel jou hande
as ek na jou kyk in my drome
Mooi is jou lag
sag is jou wang
as jy dit teen my hand druk
stil is jou blik
as jy na my kyk.
eb. 19 Augustus 2004