Pikkewyn

Het jy al ooit so iets gesien
manelpak in die woestyn bedien
bekommerde snawel soek-soek na koud,
angstige ogies knip knip benoud.

Waar nou, waar is die ys, die see....
Klitsgras en tolbos en sonbesies skree
verward hol hy brandvoet oor sand
Pikkewyn in karoo, amper dood verbrand.

 

eb. 29-07-2004 (oos london)