Stil.........


So stil is die nag
na die geraas van die dag
stil sit sy en kam haar hare
sit en dink oor al die jare

'n mooi gesig kyk vir haar
uit die spiel met 'n plooitjie
hier en daar wat praat van
ervaring en hartseer

Sy luister in die stilte
en vrede sprei deur haar
sy hoor die kindjie se asem
hy slaap al klaar

So stil is die nag
na die gewoel van die dag
stil gaan lê sy
in slaap bevry

eb 10 Desember 2004